Januarie warmste op rekord

Nuwe data toon verlede maand was die warmste Januarie op rekord. Syfers deur die Europese Copernicus-klimaatsdiens toon gemiddelde temperature regoor die wêreld was in Januarie 1,75-grade Celsius warmer as voor kweekhuisgasvrystellings in die nywerheidsrewolusie sowat 150 jaar gelede aansienlik begin toeneem het. Dit is 0,1-graad Celsius bo die rekord wat verlede Januarie opgestel is. ‘n Klimaatswetenskaplike aan die Imperial-kollege in Londen, Friederike Otto, waarsku die veldbrande by Los Angeles is ‘n skerp herinnering dat die wêreld reeds ‘n ongelooflike gevaarlike vlak van verwarming bereik het.