Nanso loods weer hoër onderwys-veldtog

Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het weer amptelik die “Toegang tot Hoër- en Beroepsonderwys-veldtog” van stapel gestuur, wat daarop gemik is om studentefinansiering deur politieke diskoers te revolusioneer. Die veldtog beklemtoon ‘n verbintenis tot bekostigbare, toeganklike, billike en kwaliteit hoër onderwys. Hulptoonbanke sal in alle hoëronderwysinstellings landwyd gevestig word om studente en leerlinge met hul bekommernisse en navrae by te staan. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van die organisasie, Dorothea Nangolo, gesels.