Berggemeenskappe in Afrika loop deur onder klimaatsverandering

Klimaatsverandering raak berggemeenskappe op die ewenaargebied in Afrika meer as wat geglo is. Dit is volgens ‘n nuwe studie van navorsers by die Universiteit van York. Sowat 288-miljoen mense woon in Afrika se bergstreke. Die navorsing het bevind dat boere in lande soos Kameroen, Rwanda, Tanzanië en Burundi verhoogde temperature, minder miswolke, veranderings in reënval en ‘n toename in uiterste klimaat aangemeld het. Professor Rob Marchant sê die studie benadruk die dringende behoefte aan plaaslike aanpassingstrategieë om die maatskaplik-ekologiese en ekonomiese uitwerking op gemeenskappe te verminder.