Cyril lewer môre staatsrede in Kaapse stadsaal

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het bevestig president Cyril Ramaphosa lewer môre die staatsrede in die Kaapstadse stadsaal. ’n Tweedaagse debat volg Dinsdag voor Ramaphosa se repliek. Didiza beklemtoon die belangrikheid van die staatsrede in die ontwikkeling van ʼn nasionale debat en sy rol om die drie onderafdelings van die staat, die uitvoerende, die wetgewende en die regterlike gesag, te verenig.