Niks op aarde sal ons uit Gaza neem: Palestyne
Amerikaanse president Donald Trump se uitlatings oor wat met Gaza moet gebeur het ‘n internasionale herrie veroorsaak. In Gaza self verwerp Palestyne sy voorstelle dat hulle elders hervestig moet word en sê hulle sal self hulle gebied opbou. Die Palestynse ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Husam Zomlot, het met SkyNews gesels en hulle standpunt verduidelik.