Nege jaar sedert Lily-myntragedie herdenk
ActionSA staan aan die spits van verrigtinge by die herdenking van die Lily-myntragedie wat nege jaar gelede in Mbombela, Mpumalanga plaasgevind het. Vandag word die nagedagtenis van Pretty Nkambule, Yvonne Mnisi en Solomon Nyirenda herdenk. Die drie werkers se oorskot is sedert 2016 ondergronds vasgekeer ná die myn se ineenstorting. Die leier van ActionSA, Herman Mashaba sê die party sal steeds druk op owerhede uitoefen om die werkers se oorskot te herwin.