Vier beweerde hondeslagters in Swakop hof
Die vier mense wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n hond, Ragnir, Sondag in Swakopmund gesteel, met ‘n byl doodgekap en toe die karkas vir 200 Namibiese dollar aan ‘n kapana-verkoper verkoop het, het in die dorp se landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van diefstal, geldwassery en dieremishandeling.Hulle is op borgtog van 3 000 Namibiese dollar elk vrygelaat en die saak is tot 18 Maart uitgestel. Hulle is die 20-jarige Seth Skrywer, die 18-jarige Lourens Nanub en die 20-jarige Mariando Bloedstaan, berig die Atlantic Gazette. Die vierde beskuldigde is 12 jaar oud en mag nie geïdentifiseerword nie. Hy is onder ouerlike toesig. Hulle het na bewering twee rottweilers van 5 000 dollar elk gesteel en die een doodgemaak. Die ander een is lewendig in die DRC township gevind.