Bejaarde man wat in Gammams verdrink, geïdentifiseer
Die identiteit van die man wie se motor in Auasblick deur vloedwater meegesleur is terwyl hy die Gammamsrivier probeer oorsteek het, is bekend. Hy was die 87-jarige Theodor Volker. Sy liggaam is langs die rivier gekry, naby die kruising van Hendrik Witbooirylaan en Moses Garoëbstraat en is deur ‘n familielid, wat tydens die soektog hand by gesit het, gevind. Volgens berigte het hy sy 87ste verjaardag Dinsdag gevier en was besig om twee werkers huis toe te neem. Hulle het daarin geslaag om uit die voertuig te ontsnap. Swaar neerslae en kitsvloede word steeds vandag verwag.