Amorim gewaarsku oor sy hantering van Rashford

Die gewese Engelse speler Paul Merson waarsku Manchester United se hoofafrigter, Ruben Armorim, kan sy werk verloor oor sy hantering van Marcus Rashford. Die voorspeler, wat 60 wedstryde vir Engeland gespeel het en 287 vir United, is pas op ‘n leenooreenkoms na Aston Villa nadat Amorim sedert middel Desember geweier het om hom te kies omdat hy glo nie sy kant bring nie. Merson sê as Rashford by Villa weer op dreef kom en United bly sukkel, sal Amorim dalk sy optrede aan sy werkgewers moet verduidelik.