Drie steel glo hond vir kapana-vleisFebruary 4, 2025

NamPol op Swakopmund ondersoek ‘n ontstellende saak waar ‘n hond na bewering gesteel is om kapana-vleis van te maak. Hoofinspekteur Ileni Shapumba het bevestig dat drie verdagtes gearresteer is op ‘n klag van diefstal. Die mag oorweeg dit om die klag te verander na een van dieremishandeling sodra al die bewyse gekonsolideer is. Die drie verdagtes sal môre in die Swakopmund landdroshof verskyn.