Jordaan-egpaar beveg bewaringsbevel
Die reël nisi wat deur regter Eileen Rakow in die saak wat verband hou met die onwettige myn van steenkool in Mpumulanga is tot vandag verleng na die Jordaan-egpaar verdediging aangeteken het. Dit kom na die aanklaer-generaal Martha Imalwa ‘n voorlopige bewaringbevel vir 52,5 miljoen Namibiese dollar in plaaslike bankrekenings van die egpaar en hulle Namka-trust en Welgevonde Farming ontvang het. Sy het aansoek gedoen vir die bevel op die instruksie van die Valke in Suid-Afrika wat sê die fondse is die opbrengs 264 miljoen Namibiese dollar se steenkool wat tussen 2021 en 2023 by plaas Witkranz onwettig gemyn is.