TransNamib: Amupanda se aanmerkings is kwaadwillig

TransNamib sê Job Amupanda se aantygings oor deursigtigheid in die aankoop van nuwe lokomotiewe is kwaadwillig. Amupanda sê die proses om 1,7 miljard Namibiese dollar op 23 lokomotiewe te bestee moet onmiddellik gestaak word omdat dit teen die verkrygingswet is. Die proses is sedert 2022 in werking deur TransNamib en Abigail Raubenheimer sê dit was herhaaldelik in die nuus.