Skotland oorweeg ‘n verbod op huiskatte

Skotse ministers word gevra om katte se uitwerking op die natuurlewe te ondersoek, wat kan veroorsaak dat hulle verbied kan word in streke waar bedreigde spesies voorkom. Inwoners sal dan gedwing word om hulle katte binnenshuis te hou, of hulle glad nie aan te skaf nie. Volgens ‘n verslag van die Skotse Dierewelsynskommissie is beperkingsones reeds in verskeie state in Australië ingestel waar katte in sommige plekke nooit mag kom nie, en in sommige snags beperk word. Die enigste uitsondering is vir omheinde buitelug-oefengeriewe of dat katte aan leibande moet wees.