Klimaatsverandering sal meer as 2 miljard kinders raak

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds sê bykans die helfte van die wêreld se 2,2-miljard kinders lewe in een van die 33 lande wat as hoë-risiko gekwalifiseer word as gevolg van die invloed van die klimaatskrisis. Die lande sluit in Nigerië, Indië en Tsjaad. Unicef het vandag ‘n verslag bekend gestel, getiteld: “Die Klimaatskrisis is ‘n Kinderregte-krisis: Die bekendstelling van die Klimaatsrisiko-indeks vir Kinders”. Volgens die verslag word 400 miljoen kinders uitermatig aan siklone en 240 miljoen aan kusvloede blootgestel. In Namibië, is veral landelike kinders kwesbaar vir droogtes en vloede. Henrietta Fore van Unicef sê klimaat- en omgewingskokke ondermyn die volledige spektrum van kinderregte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *