Tiger Brands stem in vir vergoeding van eerste listeriose-slagoffers

Tiger Brands het ingestem om die eerste slagoffers van die listeriose-uitbraak te vergoed. Die maatskappy sal vooruitbetalings maak aan sekere eisers met dringende mediese behoeftes terwyl die groepsgeding voortgaan. Intussen gaan besprekings voort om verligting uit te brei na ander kwalifiserende eisers. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes het ook ingestem om rekords te voorsien om met die saak te help. Die groepsgeding bly in sy eerste fase waar aanspreeklikheid bepaal word.