El Salvador sal Amerikaanse gevangenes oorneem, vir ‘n fooi
El Salvador het aangebied om gevaarlike misdadigers wat in Amerikaanse tronke aangehou word, in te neem, insluitend diegene met Amerikaanse burgerskap. Dit kom na die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio se besoek aan president Nayib Bukele. El Salvador sal ook migrante van enige nasionaliteit wat misdadigers is en onwettig in die VSA aanvaar vir deportasie. Daar is ‘n fooi betrokke.
El Salvador het ongeveer 80 000 gevangenes en het die wêreld se hoogste opsluitingsyfer.