Uganda sluit 54 nie-regeringsorganisasies

Die Ugandese regering het die bedrywighede van 54 nie-regeringsorganisasies vanoggend opgeskort. Daar word berig dat die land se voorste menseregte groepe, Chapter Four, onder die 54 is. Die regering sê die opdrag is gegee omdat die groepe nie betrokke wetgewing nagekom het nie en sommige het ook op permitte wat verval het gewerk. Verslaggewers sonder grense het onlangs weer hulle kommer uitgespreek oor veral mediavryheid in die land. Die organisasie sê joernaliste word amper daagliks in hegtenis geneem.