Saftu dreig GNU met massa-optrede
Die vakbondfederasie Saftu sê nog ‘n jaar van leë beloftes wag op werkers en die armes. Die organisasie het voor Donderdag se staatsrede die regering van nasionale eenheid se besuinigingsmaatreëls gekritiseer en waarsku begrotingsbesnoeiings vererger werkloosheid, armoede en ongelykheid. Saftu beloof om massa-optrede te verstewig as die regering nie aandag gee aan die groeiende ekonomiese krisis nie. Woordvoerder Newton Masuku eis meer poste in die Staatsdiens, regverdige vergoeding en optrede teen korrupsie: