Afrika moet sy minerale terughou van die VSA – Gwede
Die minister van Minerale Hulpbronne, Gwede Mantashe, stel voor Afrika moet sy minerale weerhou uit wraak vir Amerikaanse befondsings-besnoeiing. Dit volg op president Donald Trump se aankondiging dat befondsing aan Suid-Afrika opgeskort gaan word terwyl sy grondonteienings-beleid ondersoek word. Mantashe het Amerika op die 2025 Mynbou-indaba in Kaapstad gekritiseer dat hy Afrika se hulpbronne vat. Hy het Afrikalande gevra om hulle minerale rykdom te beskerm en tot hulle eie voordeel in te span.