Namibië, Portugal verdiep samewerking
Namibië en Portugal gaan hul samewerking in politiek, handel, onderwys en volhoubare ontwikkeling uitbrei. Portugal se ambassadeur in Namibië, Rui Carmo, het tydens ‘n mediabespreking ambisieuse planne uiteengesit om beleggings en kulturele uitruiling tussen die twee nasies te bevorder. ’n Sleutelmylpaal in die groeiende verhouding is die komende vyfde ronde van politieke konsultasies in Namibië—die eerste sedert 2022. Carmo het onthul dat onderhandelinge oor ‘n bilaterale dienste-ooreenkoms en ‘n dubbelbelasting-ooreenkoms byna voltooi is.