Aandele daal in VSA, volg markte in Europa, Asië

Amerikaanse aandele het gedaal na Amerikaanse president Donald Trump se besluit om voort te gaan met tariewe op Kanada, Mexiko en China. Sy belofte dat tariewe op die EU “beslis sou gebeur”, het aandele wêreldwyd geknou. Die drie belangrikste indekse in die VSA was almal meer as 1 persent laer in die eerste oomblikke van handel in New York, met die Nasdaq-indeks van ongeveer 2 persent af. Dit het gevolg op afswaaie in Asië en Europa. Nike en Apple, wat albei op China staatmaak vir vervaardiging, het sowat 3 persent gedaal. Motorvervaardigers soos Tesla en General Motors het ook gedaal.