Engelse vrouespan word hersien ná 16de As-nederlaag
Krieket: Die Engelse en Walliese Krieketraad het ‘n hersiening beloof nadat Engeland se vroue hul 16de agtereenvolgende wedstryd teen Australië in die reeks om die As verloor het. Australië het die eenmalige toets teen die besoekers in Melbourne met ‘n beurt en 122 lopies gewen en ook in die T20’s en die eendagreeks skoonskip gemaak. Engeland kon sedert 2014 nog nie die As wen nie. Die adjunk- uitvoerende hoof, Clare Conner, ontken dat die span nie professioneel is nie. Sy sê wanneer ‘n span onderpresteer, sal alles bespreek word.