Beyoncé wen uiteindelik Beste Album-Grammy

Beyoncé het op die Grammy-toekennings in Los Angeles die eerste keer ‘n toekenning vir Beste Album ontvang vir Cowboy Carter. Sy het ook die Beste Country Album en Beste Country Duo/Groepprestasie-toekenning vir II Most Wanted met Miley Cyrus gewen, wat haar die eerste swart vroulike kunstenaar wenner in die kategorie maak sedert Lauryn Hill in 1999. Die kletsrymer Kendrick Lamar het vyf Grammys gewen. Chappell Roan was die beste nuwe kunstenaar. Ander wenners sluit in Doechii, Sabrina Carpenter en Lady Gaga.