Plan vir OR Tambo se stralerbrandstof aanvaar

Die Departement van Vervoer sê hy het ʼn logistieke plan aanvaar om stralerbrandstof van die Durbanse hawe na die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng te vervoer. Die lughawe het ʼn tekort aan brandstof gehad nadat die Nasionale Petroleumraffineerders van Suid-Afrika op 4 Januarie ná ʼn brand moes sluit. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê die lughawe se openingsvoorraad stralerbrandstof was Saterdag 20,1-miljoen liter: