LPO vra alle Meatco-lede om vergadering by te woon
Meatco se spesiale ledevergadering vind op 11 Februarie plaas by Nipam in Windhoek, na dit twee keer verlede jaar uitgestel moes word weens ‘n gebrek aan kworum. Die agenda sluit ’n terugvoersessie vir lede in. Slegs geregistreerde Meatco-lede mag die vergadering bywoon. Registrasie sal voor die vergadering gedoen word. Jako van Wyk, die president van die Lewendehawe Produsente Organisasie, doen ‘n beroep op boere om die vergadering by te woon.