Giwusa glo nie Neo was Stilfontein-baasbrein nie

Die vakbond Giwusa het die inhegtenisneming verwelkom van vier polisiebeamptes wat beskuldig word dat hulle ʼn vermeende onwettige mynbaas van Stilfontein in Noordwes, Neo Tshoaeli, help ontsnap het. Hy het ontsnap nadat hy en 240 ander tydens ʼn regeringsoperasie uit die na die oppervlak gekom het. Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig die betrokke beamptes is van die Vala Umgodi-operasie verwyder en interne departementele tugstappe word gedoen. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê hulle glo nie Tshoaeli is die ware baasbrein nie: