Kenner reageer op Trump se kommentaar oor SA
Professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Amerikaanse president Donald Trump wat Suid-Afrika in sy visier het. Die rand het reeds verswak en was op ‘n stadium net bo 19 teen die Amerikaanse dollar. Duvenhage sê die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA is reeds gespanne.
Hy sê die koste kan hoog wees vir die land.