Marisbeker kwarteindronde skop vanmiddag af
Die kwarteindronde van die MTC Marisbeker, met wengeld van 1,5 miljoen Namibiese dollar, vind hierdie naweek op Oshakati plaas waar agt van Namibië se groot klubspanne uitdraf. Die wedstryde begin vandag om twee-uur wanneer FC Ongos teen Young African te staan kom. Unam FC speel teen Walvisbaai se Blue Waters FC om vyf. Môre om een sal Otjiwarongo se Mighty Gunners teen African Stars te staan kom met King Kauluma Palace wat om vier teen Bucks Buccaneers speel. Die MTC Marisbeker-halfeindrondte word op 14 Februarie op Mariental gespeel.