Slaghuis-eienaar vas vir koop van vermoedelik onwettige sebra-vleis
Die Erongo-polisie het beslag gelê op vier sebra-karkasse by Benguela Slaghuis op Swakopmund. Die mag sê die vleis is gekoop van ‘n persoon wat geen permit daarvoor gehad het nie. Die 67-jarige Gregory Benjamin, eienaar van die slaghuis en Steven Kharab, 41, is gearresteer en het reeds in die hof verskyn. Die mag het nie aangedui tot wanneer die saak uitgestel is nie. Die waarde van die vleis word op 18 400 Namibiese dollar beraam.