NSA kap terug oor werkloosheid-statistieke
Die Nasionale Statistiek-agentskap sê in ‘n verklaring hy wil dit duidelik maak dat die werkloosheidsyfer van 36,9 persent wat hy op 29 Januarie vrygestel het, die amptelike werkloosheidsyfer is wat volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie se standaarde bereken is. Definisies van werkloosheid word nie deur die agentskap bepaal nie, maar deur die Internasionale Konferensie van Arbeidstatistici. Die agentskap sê oor bewerings of insinuasies dat die die syfers “gekook” is of dat dit gebrekkig is, hy wil dit kategories duidelik maak dat syfers teruggewerk kan word om te verifieer hoe hierdie persentasies bereik is. Enigiemand wat aan so oefening moet deelneem, is welkom om die agentskap te kontak.