SA verwelkom 51 680 meer reisgers tydens feestyd

Die Grensbestuursowerheid het tydens die 2024/’25-feestyd die wettige beweging van meer as 5 miljoen reisigers op Suid-Afrika se 71 grensposte hanteer. Dis 51 680 reisigers meer as die vorige feestyd. Die OR Tambo-internasionale lughawe in Gauteng het die meeste hanteer, naamlik meer as ‘n miljoen reisigers. Die owerheid se kommissaris, Michael Masiapato, sê ongeveer 9 490 vliegtuie het op die land se internasionale lughawens geland en opgestyg.