Marcos wil met Trump vergader oor immigrante
Die Filippynse president, Ferdinand Marcos, wil met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, vergader om die nuwe administrasie se optrede teen immigrante te bespreek. Trump het sy tweede ampstermyn afgeskop met ‘n reeks uitvoerende bevele om immigrasie te hersien. Hy het ook sommige buitelandse hulpprogramme vir 90-dae opgeskort, hangende ‘n befondsingsoorsig. Honderde ongedokumenteerde immigrante is in hegtenis geneem sedert hy na die Withuis teruggekeer het en talle migrante is verlede week uitgeskop. Die Filippynse gesant in Washington, José Manuel Romualdez, sê daar was 80 Filippyne onder diegene wat gedeporteer sou word.