SA-weermag is op vredesending in DRK – bevelvoerder
Die bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Weermag, generaal Rudzani Maphwanya, herbevestig soldate van die SANW is op ʼn vredesending in die Demokratiese Republiek van die Kongo, en weerspreek aansprake van die Rwandese president, Paul Kagame. Volgens hom is hulle mandaat om gewapende groepe te neutraliseer en bestendigheid te herstel. Hy bevestig ook hulle sal die oorskot van die 13 gestorwe soldate na hul families repatrieer.