Marianne Faithull sterf op 78
Die sangeres en aktrise Marianne Faithfull is in die ouderdom van 78 oorlede. Faithfull was bekend vir treffers soos As Tears Go By, wat deur Mick Jagger en Keith Richards van die Rolling Stones vir haar geskryf is. Sy was ook Jagger se meisie in die 1960’s, en het liedjies geïnspireer soos Wild Horses en You Can’t Always Get What You Want. Ná ’n tydperk van heroïenverslawing in die 1970’s het sy haar loopbaan laat herleef met die klassieke album Broken English. Haar woordvoerder sê sy is vreedsaam in Londen oorlede, in die geselskap van haar liefdevolle familie.