Ntamack terug vir Frankryk in Sesnasies
Rugby: Die Franse losskakel Romain Ntamack keer die eerste keer in 17 maande terug. Hy is ingesluit in die span vir môreaand se Sesnasies-wedstryd teen Wallis in Parys. Die 25-jarige Ntamack het ‘n ernstige kniebesering opgedoen tydens ‘n voorbereidingswedstryd vir 2023 se Wêreldbekertoernooi, en het laat verlede jaar weer sy kuit beseer. Hy en sy spanmaat by Toulouse, Antoine Dupoint, sal die skakelpaar wees. Skotland speel Saterdag in Edinburgh teen Italië terwyl Ierland en England in Dublin teen mekaar te staan kom.