Al Sharaa is Sirië se tussentydse president
Die voormalige al Qaeda-lid, Ahmad al-Sharaa is benoem as die Siriese president vir ‘n oorgangstydperk. Hy is die voormalige leier van Hayat Tahrir al-Sham, die Islamitiese rebellegroep wat die militêre operasie gelei het vir die omverwerping van die vorige president, Bashar al-Assad. Sharaa sê die land se onmiddellike prioriteite is om die magsvakuum te vul, staatsinstellings te bou en burgerlike vrede te beskerm. Sirië is aan flarde na ‘n burgeroorlog van meer as ‘n dekade waarin meer as 300 000 mense dood en miljoene ontheem is.