MIV-hulp uit VSA is terug

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het ʼn nood-humanitêre kwytskelding goedgekeur wat toelaat dat mense uit 55 lande wêreldwyd steeds toegang kry tot MIV-behandeling. Die Departement het aangekondig alle buitelandse hulp, insluitend befondsing en dienste wat die president se noodplan vir Vigs-verligting ondersteun, word onmiddellik vir 90 dae bevries. Dit is hangende ʼn hersiening of befondsing in ooreenstemming is met president Donald Trump se buitelandse beleid. Rubio sê die kwytskelding is nie van toepassing op programme wat aborsies, geslag of diversiteit, gelykheid en insluiting dek nie.