Jongste navorsing toon jou hart kan gelap word

Navorsers sê beskadigde harte kan letterlik gelap word om hulle te help werk, in wat beskou word as ‘n baanbrekende ontwikkeling vir mense met gevorderde hartversaking. Wetenskaplikes van die Universiteit Mediese Sentrum Göttingen in Duitsland, sê hulle het inplantbare lappe geskep wat bestaan uit kloppende hartspiere wat die orgaan kan help saamtrek. Professor Ingo Kutschka sê die lappe word gemaak van selle uit bloed wat “herprogrammeer” is om soos stamselle op te tree. Hulle word dan in hartspier- en bindweefselselle verander en op membrane vasgesit, wat dan in harte ingeplant kan word.