Neymar, Al-Hilal beëindig kontrak
Sokker: Die Brasiliaan Neymar sal waarskynlik terugkeer na die plaaslike span waar sy sprankelende loopbaan begin het. Dit volg nadat sy kontrak met Al-Hilal in Saudi-Arabië met wedersydse ineenstemming beëindig is. Die 32-jarige het in Augustus 2023 van die Franse klub Paris Saint-Germain by Al-Hilal aangesluit, maar sy verblyf is belemmer deur beserings en hy het slegs sewe wedstryde vir Al-Hilal gespeel. Neymar word gekoppel aan ‘n skuif na Santos, wat hy tussen 2009 en 2013 verteenwoordig het voordat hy naam gemaak het by die Spaanse topspan Barcelona.