Eerste kwarteindronde-plekke beklink in MTC MarisbekerJanuary 26, 2025

Die MTC Marisbeker-sokkertoernooi se rondte van 16 by die Hage Geingob stadion het meer as een verrassing opgelewer. King Kauluma Palace het Khomas Nampol met 3-0 verslaan, terwyl Young African ‘n 1-0 oorwinning oor Young Brazilians vier. Blue Waters het Okahandja United 4-3 op strafskoppe geklop na hulle 1-1 gelykop was in normale tyd. Die grootste verrassing was Eeshoke Chula Chula wat 5-3 op strafskoppe teen Unam verloor het. Hulle was 0-elk gelykop in gewone tyd. Die rondte van 16-wedstryde word vanmiddag afgehandel, en al die wenners gaan deur na die kwarteindrondte.