Blitsbokke oorrompel Fidji, deur na Perth-halfeindstryd

Rugby: Die Springbok Sewes het maklik deurgedring na die halfeindstryd in Perth deur Fidji gister met 19-0 ore aan te sit. Fidji, wat op die eerste dag van die toernooi verloor het teen Uruguay, kon nie die Blitsbokke se aanslag weerstaan nie en is van die begin af oorheers. Die Suid-Afrikaners kom nou te staan teen die gashere Australië in die halfeindstryd, en dan teen die wenner tussen Spanje en Argentinië, sou hulle die eindstryd bereik. Die halfeindstryde begin net na nege vanoggend, met die Blitsbokke wat net voor half-tien opdraf.