N$1,5 miljoen MTC Marisbeker-sokkertoernooi skop afJanuary 25, 2025

Die MTC Marisbeker-sokkertoernooi begin vandag by die Dr Hage Geingob-stadion. Die kompetisie bestaan uit die 16 klubs van die Debmarine Premierliga, wat sal meeding om ‘n rekord 1,5 miljoen Namibiese dollar-grootprys. Die eerste wedstryd is om 1-uur tussen King Kauluma en Khomas Nampol. Young Africans kom om half-vier te staan teen Young Brazilians, gevolg deur Okahandja United teen Blue Waters. Unam en Eeshoke Chula Chula speel om half-nege. John Ekongo, MTC se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.