Trump se massadeportering van migrante begin
Honderde migrante is in Amerika in hegtenis geneem en ander met militêre vliegtuie uit die land geneem nadat president Donald Trump se beloofde massadeportering begin het. Dit kom voor sy besoek aan Kalifornië en Noord-Carolina waar natuurrampe in politieke tameletjies ontaard het. In nog ʼn dol dag in die eerste week van sy presidentskap het Trump aan Fox News gesê hy verkies om nie heffings op China te plaas nie. Dit volg op herhaalde ondernemings om stewige invoerheffings teen Amerika se grootste ekonomiese mededinger van toepassing te maak.