Huur Beheerraad sedert 2017 vertraag
Die Huur Beheerraad is terug in die nuus met hoë tariewe waaronder veral Windhoekers deurloop. Die nuwe wetgewing hang sedert 2017 in die lig en blykbaar, volgens die lynministerie, word nog insette van rolspelers verwag. Die PDM-LP Maximalliant Katjimune sê lynminister Erastus Uutoni doen nie sy werk nie terwyl mense steier onder hoë huurkostes.
Intussen word die ou huurordinans, wat nog van krag is. ook nie nagekom nie. Dit sluit rente op ‘n deposito-betaling in sowel as ‘n deposito wat net 50 persent van die huurbedrag mag wees.