NamWater sê oor watervoorsiening aan Whk van Kombatmyn

Die sentrale gebied kry sowat 30 persent van sy water vanaf die Kombatmyn, vanwaar dit deur Trigon Metals na die Von Bachdam gepomp word. Die myn is egter tans oorstroom na sy twee pompe gefaal het, en Trigon kan nie water aan NamWater verskaf nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, oor die situasie gesels.

Nehemia sê daar word planne gemaak om die watervloei te herstel.