Kommer oor voortgesette vernietiging van infrastruktuur
Die openbare werke departement het kommer uitgespreek oor die voortgesette vernietiging van infrastruktuur, wat wissel van aluminium en kabels wat gesteel word, tot die vernietiging van verkeersligte, spoorlyne en pilare. Sekerheidspersoneel wat by die Public Works House in die sakekern van Pretoria gestasioneer is, het Woensdagaand ‘n groep misdadigers se planne gefnuik toe hulle op staatseiendom toegesak en aluminium en ander staalinfrastruktuur, insluitend meubels, afgeruk het. Die departement se woordvoerder, Lennox Mabaso, sê twee mense is gewond.