Starmer wil maatreëls daarstel om te keer dat onder-18’s messe koop
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, onderneem strenger maatreëls om te verhinder dat onder-18’s messe aanlyn koop. Starmer beskryf die proses as “skokkend maklik” nadat dit aan die lig gekom het die tiener wat verlede Julie drie jong meisies met ʼn mes vermoor het, die mes aanlyn by Amazon gekoop het. Axel Rudakubana was 17 ten tye van die aanval. Intussen is ‘n seun van 14 gearresteer vir die mesmoord van ‘n 12-jarige seun. Starmer sê daar is tegnologie om ouderdomme te verifieer, selfs vir kombuismesse wat aanlyn bestel word.