Kaapstad loop risiko van brande soos in Los Angeles

Kenners waarsku die dodelike veldbrande in Los Angeles kan ook in Kaapstad voorkom omdat dit ʼn soortgelyke klimaat, bergagtige topografie en plantegroei het. Die metro se Brand- en Reddingsdiens sê daar was in die 2023/2024-boekjaar meer as seweduisend brande. Die Knysna-brande van 2017 het 12 sterftes, onder andere twee brandbestryders, en die verlies van eenduisend-444 huise tot gevolg gehad. Die voorsitter van die Kaapse Skiereiland Brandbeskermingsvereniging, Philip Prins, het aan Moneyweb gesê daar is ʼn behoefte dat brandpaaie onderhou en indringerplante verwyder word.