Boer slim met Farmwise

’n Namibies-ontwikkelde landboubordspeletjie, Farmwise, is met die ondersteuning van Nedbank Namibia bekendgestel. Die speletjie is ontwerp om op te voed en te vermaak , en simuleer die uitdagings en belonings van boerdery, wat begrip tussen boere, arbeiders en hul gesinne bevorder. Veertig persent van die speletjie se winste sal ‘n beursfonds vir kinders van lede van die Namibië Landbou-unie ondersteun. Vir meer inligting oor die speletjie kan die publiek die NLU kontak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Piet Gouws, wat deel was van die komitee wat die spel bekend gestel het.