Harry skik met koerante, 8-syfer bedrag

Prins Harry het ‘n hewig-betwiste regsgeding teen die uitgewer van Rupert Murdoch se Britse poniekoerant geskik. Die bedrag vir skadevergoeding is nie bekend nie maar daar word berig dit behels agt syfers so 10 miljoen Britse pond of meer. Dit het gebeur nadat die uitgewer om verskoning gevra het oor kuberkrakers wat die prins se telefoon binnegedring, en ingestem het om aansienlike skadevergoeding te betaal. Harry se regsverteenwoordiger, David Sherborne, het aan die hof in Londen gesê Murdoch’s News Group Newspapers bied ‘n volledige en onomwonde verskoning aan die prins vir die kuberkrakers en die misbruik van privaat inligting nadat joernaliste en privaat ondersoekers opdrag gegee is om die koninklikes dop te hou.